Tradisionele Afrika-kuns

Tradisionele Afrika-kuns is die kuns wat deur die bevolkingsgroepe in Afrika suid van die Sahara ontwikkel. Dit sluit nie die gebied noord van die Sahara in nie, omdat dit onder die Arabiese invloedsfeer val. Behalwe in musiek, het die Arabiese invloed suidwaarts nie veel impak gehad nie. Dit word hoofsaaklik aan die Afrika-landskap toegeskryf. Die kuns van die Afrika-bevolkings het dus in die algemeen sonder veel buite-invloede ontwikkel. Invloede van die Westerse kultuur was ook hoofsaaklik net tot die stede beperk. 'n Duidelike Europese stempel is egter op die musiek en literatuur van Afrika afgedruk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search